Gedigte

Rymreise

Poësie vir die jonger geslag, jonk in ouderdom en jonk van gees. Die gedigte is tematies gerangskik rondom onderwerpe soos Van tien tot tiener, Goggas en Oral om ons.

 

Drie gedigte word ingesluit, nl. Op die spyskaart, ’n Vlieg is ’n vlieg en Luislogika.

 

Via Afrika, 2011

Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 7 Leesboek

Die gedig Op die spyskaart word ingesluit.

 

Via Afrika, 2013

 

Via Afrika Afrikaans Huistaal Graad 8 Leesboek

Die gedig Vlooidrama word ingesluit.

 

Via Afrika, 2013

 

Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 9 Leesboek

Die gedig Spykerskoene word ingesluit.

 

Via Afrika, 2013

 

Platinum Afrikaans Huistaal Graad 7 Leesboek

Die gedig Klaskamerdrome word ingesluit.

 

Maskew Miller Longman, 2013

Platinum Afrikaans Huistaal Graad 8 Leesboek

Die gedig Speeldag word ingesluit.

 

Maskew Miller Longman, 2013

 

Platinum Afrikaans Huistaal Graad 9 Leesboek

Die gedigte Sondagoggend en Oggendnote word ingesluit.

 

Maskew Miller Longman, 2013

Blinkertjies in Pa se baard en ander skitterende stories

'n Versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur, perfek vir onderwysers en leerders in Graad 4-7, Eerste Addisionele Taal, vir die derde kwartaal- letterkundeprojek wat deel is van die KABV-kurrikulum.

Die gedig Ons hond word ingesluit.

 

Penguin Random House SA (LAPA Uitgewers), 2022

Die skool vir rampspoedige talente en ander gelukkige stories

'n Versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur, perfek vir onderwysers en leerders in Graad 4-7, Huistaal, vir die derde kwartaal-letterkundeprojek wat deel is van die KABV-kurrikulum.

Die gedig Bang word ingesluit.

 

Penguin Random House SA (LAPA Uitgewers), 2022

Prenteboeke

Hanna die honger heksie

Die wonderlike storie van ’n jong heksie wat honger wakkerword. Sy kry niks om te eet in die koskas nie en moet ’n plan maak. Sy gebruik haar towerstaf om kos te toor, tot groot vermaak van haar nuwe vriende uit die woud.

 

Duzi Uitgewers, 2018

 

Kortverhale

Ingonyama en ander maats met leeueharte

Kortverhaalbundel vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal in die intermediêre fase, Graad 4-6.

 

Die verhaal Apie en Vuurvliegie word ingesluit.

 

Best Books, 2021

Leë blikkies vol liefde

'n  Bundel met kortverhale vir leerders in Gr 7-9. Onder andere is daar werk van Jeremy Veary, Jan van Tonder, Carina Stander, Diana Ferrus, EKM Dido, Derick van der Walt, Elrien Scheepers en Allison Matroos opgeneem. Die aanslag is perfek vir klasgebruik met woordelyste, 'n kort opsomming van elke verhaal en biografie van die skrywer, asook vrae en aktiwiteite na afloop van die lees.

 

Die verhaal Die wilde katte van Karongo word ingesluit.

 

Tafelberg (Best Books), 2023

 

Novelles

Die wit leeu van Skukuza

Tombi, die wit leeu, word deur wilddiewe gewond. So word die 10-jarige Adriaan en sy beste vriendin Nolwazi, betrek in ’n avontuur wat onverwagse gevare op hulle pad bring. Die Sabierivier is in vloed en by die Mazithi-bouvalle skuil ’n wrede hiëna . . . Sal hulle almal oorleef en Tombi en haar welpies vind?

 

Via Afrika, 2012 

Die draakprinse

Hierdie spannende fantasieverhaal voer jou weg na ’n wêreld van lank gelede met gediertes wat in ’n kasteel se donker klipgange vir jou wag, bloedwolwe wat honger rondsluip en yslike groot maandrake. Die 12-jarige prins, Brenin, moet onskuldige meisies red uit die greep van sy bose ouer broer, die wrede Silas. Die vurige jagter Sabriena en die beeldskone Ciska word deel van sy avontuur. Hierdie storie gaan toets of jy dapper genoeg is om ‘n avontuur aan te durf!

 

Oxford University Press, 2012