Kortverhale

Skool is 'n riller

Geluide in geheimsinnige donker gange, monsters, mummies, moordenaar-onderwysers en vreemde wesens . . . skoolgaan is beslis nie vir bangbroeke nie. En wie sal tog omgee oor kwaai onnies en huiswerk as hulle nog met toordokters, spoke en reusagtige spinnekoppe ook moet rekening hou? Hierdie bundel grillekker stories sal jou nekhare laat regop staan en jou laat wens dat die skoolklok vir huis-toe-gaan-tyd sal lui . . .

 

Drie kortverhale word ingesluit, nl. Kobras in die nagNoodkreet van die mummie en Kyk diep in my oë.

 

Human & Rousseau, 2017